Mobi Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

KOFFIEKROEG - Topics
Create Your Own App Store

* KOFFIEKROEG > Topics


Subject: RESEPTE
Replies: 6 Views: 966

pieterpj 26.01.14 - 07:53pm
ENIGE RESEPTE WELKOM. *

pieterpj 26.01.14 - 08:35pm
SJOKOLADETERT

2 k kookwater
375 ml suiker
25 g margarien
125 ml maizena
62,5 ml kakao
1 ml sout
200 ml koue water
20 ml vanielje
1 pak tennis beskuitjies

Verhit kookwater, suiker en botter saam tot kookpunt. Meng maizena, kakao en sout met koue water tot pasta. Roer by suikermengsel, roer aanhoudend en kook oor lae hitte tot dik. Haal van stoof af en roer geursel by. Smeer of bespuit bak met nie&8209;kleefmiddel. Pak laag beskuitjies op bodem van bak en smeer laag sjokolademengsel oor. Herhaal lae totdat beskuitjies en sjokolademengsel op is. Eindig met laasgenoemde. Plaas in yskas om te stol. Net voor opdiening kan styfgeklopte room oorgesmeer word. Versier met gerasperde sjokolade. *

pieterpj 26.01.14 - 08:36pm
TUISGEMAAKTE BOEREWORS

Piet Aucamp

BB Motors Tzaneen

(Ongeveer 3.5kg)
1.5kg - Bladstuk
1.5kg - Maer varkvlies
500g - Varkspek (7mm blokkies gesny)
85g - Worsderms
3 - Teelepels sout
1 - Teelepel peper
4 - Eetlepels koljander
- Teelepel gemaalde naeltjies
1 - Teelepel gemaalde neutmuskaat
&305; - Koppie asyn
- Teelepel knoffel of knoffelvlokkies (opsioneel)
Skroei die koljander tot ligbruin, maal en sif. Maal die bladstuk en varkvleis en voeg die res van
die bestanddele by. Meng deeglik en stop die worsderms daarmee. *

pieterpj 26.01.14 - 08:54pm
Tamatie en knoffelsop

Tamatie en knoffelsop
Metode: Kook
Kombuis: Italiaans

Genoeg vir: 4 -6 porsies Bereidingstyd: 25 minute
Ingredients and Method

Genoeg vir: 4 -6 porsies
Bereidingstyd: 25 minute
Oondtemperatuur: 200 C
Baktyd: 40 minute

Bestandele:

1 kg vars tamaties
knoffelbol
2 uie, in kwarte gesny
50 ml olyfolie
30 ml balsemiekasyn
15 ml suiker
30 ml tamatiepasta
1 blik (410 g) keker-ertjies, gedreineer en afgespoel
400 ml groente-aftreksel
45 ml parmesaankaas, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
vars basilieblare

Metode:

Voorverhit die oond tot 200 C. Halveer die tamaties en sit hulle met gesnyde kante na bo op n bakplaat. Halveer die knoffelbol en sit dit saam met die uiekwarte by die tamaties op die bakplaat. Drup die olyfolie en balsemiekasyn oor en sprinkel die suiker oor. Tamatie-en-knoffelsop Rooster vir sowat 20-30 minute of tot die groente sag is en die puntjies begin verkleur.

Sit die tamaties en uiekwarte in n voedselverwerker. Druk die knoffel uit hul huisies en voeg dit ook by die tamaties. Puree tot glad. Skraap die puree in n kastrol uit en roer tamatiepasta, keker-ertjies en aftreksel by. Bring tot kookpunt. Druk die keker-ertjies met n aartappeldrukker fyn.

Roer die parmesaankaas by. Geur na smaak met sout en swartpeper en prut vir n paar minute. Garneer met vars basilieblare en sit warm voor saam met kaas-croutons. *

pieterpj 8.05.15 - 05:20pm
BOEREBESKUIT:
Anna Eksteen

Bestanddele
750 ml melk
750 ml suiker
500 g botter of margarien
25 ml sout
3,75 kg koekmeelblom
3 pakkies kitsgis
1 l water
3 eiers,geklits

Metode
Meng meelblom, kitsgis en sout saam. Kook melk, suiker, botter en water saam (oppas vir oor kook). Laat afkoel tot lou. Voeg eiers by. Voeg melkmengsel by meel en meng. Knie goed deur. (In dien n bietjie styf, voeg nog melk by.) Maak warm toe en laat rys vir ongeveer 1-2 uur of tot dubbel die grootte. Vorm balletjies, sonder om af te knie, en sit in gesmeerde panne. Laat rys op n warm plek tot dit in groote verdubbel het. Bak vir 1 uur in n warm oond (180 C). Net voor dit uitgehaal word, word glasuursel opgesmeer. (Klits 2 teelepel suiker met 1 eetlepel melk en smeer bo-oor.) . Sit terug in die oond tot dit blink en goudbruin is. . Keer uit op afkoelrakke. Sodra dit koud is, breek in stukke en droog uit in lou oond, 100 C vir ongeveer 5 tot 6 uur. *

pieterpj 26.03.16 - 05:34pm
Hanno se Mielie-souffl met Feta

n Makliker en vinniger resep as hierdie gaan jy nie maklik kry nie. Behalwe vir die room, is dit bestanddele wat mens altyd in jou koskas het. Baie lekker saam met braaivleis as hy net uit die oond kom, of sny hom in blokkies vir souttert as hy uit die yskas kom

1 blik roommielies
1 blik pitmielies
250ml room
2 eiers
5ml bakpoeier
62,5ml (kwart koppie) mieliemeel
125ml (halwe koppie) cheddar kaas, gerasper
knypie sout
1 wiel Feta-kaas

Gooi alles behalwe die Feta-kaas bymekaar in n mengbak en roer deur. Krummel die Feta-kaas bo-oor. Bak vir 45min op 180 grade.

26/03/2016
*

pieterpj 26.03.16 - 05:36pm
KNARSBESKUIT (Louise)

5 Kop. Nutty Wheat
5 Kop. Bruismeel
Kop. Suiker
3 eetlepels Bakpoeier
500 gm. Margarine (gesmelt)
2 tot 3 Kop. Karringmelk
sout

1. Meng alles saam, laaste karringmelk
2. Sit in groot oondpan, bak ongeveer 3/4 uur teen 140 grade C.
3. Sny in vingers, droog in koel oond .

26/03/2016 *


* Reply
* KOFFIEKROEG Forum


Search:
topics replies


* KOFFIEKROEG

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Create Your Own App Store